Kamanjab-boere is hande in die hare
Die kwessie laat groter vrae ontstaan oor of Namibië se beleid oor mens-dier-konflik werklike betekenisvolle beskerming vir geraakte landelike gemeenskappe.
Desmarius Hansen
Boere in dele van Kamanjab sê toenemende mens-olifant-konflik bedreig hul lewensbestaan, infrastruktuur en gemeenskapsveiligheid, ondanks jare se verbintenisse van regeringsbeleid wat daarop gemik is om konflik tussen landelike gemeenskappe en wilde diere te verminder.
Die bekommernisse kom terwyl hernude aandag op konflikvoorvalle met olifante in die Kunenestreek val ná die onlangse botsing met ’n olifant naby Khorixas. Twee mans is beseer toe hul rooi bakkie die bulkalf langs die grondpad in die rigting van Uis noodlottig getref het. Die gebied is bekend is vir gereelde olifantaktiwiteit.
Tydens gesprekke met boere in die streek het inwoners groeiende frustrasie beskryf oor olifantverwante skade aan boerderyinfrastruktuur, finansiële verliese en wat hulle as onvoldoende ingryping beskou, ondanks langdurige beleidsmaatreëls wat ontwerp is om die probleem te takel.
Die kommersiële boer Danie Robbertse het aan Network Media Hub (NMH) gesê gemeenskappe voel toenemend die druk daarvan om saam groeiende wildpopulasies te leef, veral olifante en roofdiere.
“Ons is oplossings en beskerming belowe, maar mense sukkel nog,” het Robbertse gesê.
“Ons behoort nie olifante te hoef doodmaak omdat hulle ons vee en boerderybedrywighede in gevaar stel nie. Ons wil hulle nie stroop nie, maar gemeenskappe is onder druk,” het hy gesê.




















