Woestynleeuwyfie naby Torrabaai opgemerk

Die Wüstenlöwin XPL108 mit Satellitenhalsband auf dem Weg zum Meer. Foto: Desert Lion Conservation

Brigitte Weidlich -Gedurende die 13 dae tussen 18 en 30 Desember 2022, waarin die leeuwyfie Desert Lion XPL-108 langs die kus en die Uniab Delta rondbeweeg het, het sy ’n totale afstand van 170 kilometer afgelê teen ’n gemiddeld van 12,1 km per dag.

Die leeunavorser dr. Flip Stander en sy personeel van Desert Lion Conservation Trust (DLCT) het die leeuwyfie se bewegings gemonitor. Hulle moes verskeie kere hengelaars wat ná sononder op die strand rondom Torrabaai gebly het – optrede wat in stryd met Skedelkus Park-regulasies is – attent maak op die teenwoordigheid van die leeuwyfie.

Die leeuwyfie XPL 108 in die Torrabaai omgewing. Foto Desert Lion Conservation

XPL-108 kon eers laat in Desember ná sononder op die strand gaan robbe jag toe die hengelaars weg was.

DLCT berig dat sy met sonsondergang op 4 Januarie reguit see toe gehardloop het.

Die wyfie het ’n rob gevang en dit na ’n nabygeleë rietbedding gesleep, waar sy die res van die nag deurgebring het.

Bewaringsbeamptes van die departement van omgewingsake het saam met die DLCT-span gewerk om te verseker dat hengelaars die strande skoon gehou het en dat die leeuwyfie ongehinderd met haar bedrywighede kon aangaan.

Copyright 2023 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT