Navorsingsentrum Vir Ietermago’s Ingewy

Die neue Forschungsstation des PCRF im Nyae Nyae-Hegegebiet. Fotos: Katharina Moser

Katharina Moser – Die Pangolin Conservation and Research Foundation (PCRF) het sy nuwe navorsingstasie in die Nyae Nyae-bewaringsgebied in die noorde van Namibië ingewy.

Die stigting, onder leiding van die bioloog Kelsey Prediger, wil sy ietermagoprojek in die beskermde gebied uitbrei om meer uit te vind oor die bedreigde diere waaroor daar tot dusver min navorsing gedoen is om hulle uiteindelik te beskerm.

Ietermago’s is die soogdiere waarmee die meeste wêreldwyd handel gedryf word en wat as kritiek bedreig beskou word. Hul skubbe, wat as ’n mediese wondermiddel in China en Viëtnam gebruik word, is duisende dollars op die swartmark werd. Ook in Namibië teken die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme dikwels voorvalle van stropery en lewende handel aan. Min inligting is oor hierdie oënskynlik prehistoriese diere bekend, ook nie oor hul getalle in Namibië nie.

Die drei Pangolin-Ranger aus der lokalen San-Gemeinde.

Die PCRF wil dit nou verander. Die stigting is verbind tot navorsings- en beskermingsprogramme en in die Nyae Nyae-bewaringsgebied werk hulle saam met die plaaslike San-gemeenskap en het veldwagters van die Ju/’huansi aangestel.

Met die hulp van vrywilligers, borge en plaaslike werkers kon die PCRF die navorsingstasie binne net ’n paar weke bou; al moes ’n pad, water en kragdrade eers na die uiters afgeleë gebied aangelê word.

“Die opening van ons navorsingstasie is ’n mylpaal van ons werk in Nyae Nyae en vir die navorsing oor en redding van plaaslike ietermago’s,” het Jessie Schrauger van die PCRF gesê.

republikein@republikein.com.na

Copyright 2023 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT