Ellanie Smit – Een van die vier jagluiperdwelpies wat in Indië gebore is ná die suksesvolle verskuiwing van agt Namibiese jagluiperde na die land, is dood.

Die inisiatief is ‘n poging om die jagluiperdbevolking te herstel, wat in Indië uitgesterf het.

Die oorsaak van die jongste vrekte is nog nie vasgestel nie.

Dit is die vierde jagluiperd van Project Cheetah wat dood is.

‘n Wyfiejagluiperd uit Namibië, genaamd Sasha, is op 27 Maart aan ‘n nierkwaal dood.

Uday, ‘n Suid-Afrikaanse jagluiperd, is in April aan kardio-pulmonale versaking oorlede.

‘n Ander Suid-Afrikaanse wyfiejagluiperd, genaamd Daksha, is op 9 Maart weens ‘n gewelddadige interaksie met ‘n mannetjie tydens ‘n paringspoging dood.

‘n Totaal van 20 jagluiperde uit Suid-Afrika (12) en Namibië (8) is na die Kuno Nasionale Park in Madhya Pradesh verskuif.

Kommer bestaan oor die welsyn van die jagluiperde en dat hulle eerder weer verskuif behoort te word.

Copyright 2023 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT