"Die nommer een produk vir die vervoer van bokkarkasse!"

Boksak is die antwoord om jou vleis vars en skoon by die huis te kry na afloop van jou jag.

Boksak is ontwerp vir jagters, deur jagters. Dit is ‘n sak wat waterdig en stofdig is, waarin karkasse (heel of in boude en blaaie) vervoer kan word. Beide die jagter en vleisverwerker baat daarby. Die gesukkel met swartsakke, tafeldoeke en seile is iets van die verlede!

Boksak het standaard groottes vir enkel kajuit, kajuit en half en dubbel kajuit bakkies.
Pasmaak sakke vir bakkies en waentjies kan gemaak word op aanvraag.

Gaan kyk gerus na ons webwerf (www.boksak.co.za) en lê aan op die regte produk vir jou behoeftes.

AAN AL DIE PA'S, SEUNS EN DOGTERS

Met Vadersdag om die draai, het ek gaan sit en dink wat maak Vadersdag so spesiaal. Ek is in die bevoorregde posisie om die seun te wees van n pa wat op sy oudag nog bloudraad met sy hande kan ombuig, en die pa van n klein seuntjie wat weier om skoene te dra, net soos sy oupa sy hele lewe nie skoene gedra het nie. Bloed is duidelik dikker as water, en die appel val nie ver van oupa se boom af nie.

Dit los my met n knop in my keel om te dink dat oupa in sy herfstyd is, en daar nog so baie is wat ek by hom kan leer, en aan die anderkant die groot taak wat op my skouers lê om dit wat ek by oupa geleer het weer oor te dra aan kleinseun. Wat ek van my seuntjie geleer het, is volle onvoorwaardelike vertroue in sy pa, en dat hy doen wat jy doen, sonder dat jy iets hoef te sê. Jy moet net daar wees.

Dit bring my weer terug by Vadersdag. My pa het nooit geglo in Vadersdag nie, en daar was nooit n groot bohaai gemaak daaroor nie. Ek dink vir hom was, en is, elke dag vadersdag, en die feit dat ons by hom geleer het, deur die voorbeeld wat hy gestel het, genoeg…

Ek dink wat ek probeer sê is, maak elke geleentheid saam jou pa, of seun of dogter spesiaal. Maak seker jy maak saam hulle hout bymekaar vir n kampvuur wat nie kan uitbrand nie, en weet dat n pa ook n klein seuntjie was, en n klein seuntjie ook eendag n pa gaan word!

En dan wonder ek onwillekerig of kleinseun met sy kaalvoete ook eendag soos sy oupa gaan sê: “Dis nie my skuld as die dorings seer kry nie…..”

Boksak vier hierdie jaar Vadersdag saam alle pa’s, seuns en dogters. Maak hierdie jaar soveel meer spesiaal vir jou pa, en bederf hom met n Boksak!

Copyright 2023 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT