LAERSKOOL BRENTWOODPARK

“Laerskool Brentwoodpark is reeds in 1926 gestig in wat nogsteeds gesien kan word as ‘n baie ‘landelike’ omgewing, wat baie sentraal is vir die groter Oos Rand gemeenskap, veral met die nabyheid van OR Tambo Lughawe.

Brenties het sterk Christelike norme en waardes, wat gedurende elke leerder se opvoeding en onderrg by die skool ‘n prioriteit is.  Die omvattende ontwikkeling van kinders, wat sport- en kultuurontwikkeling insluit, word as baie belangrik beskou.  Ons leuse, ‘Die Skool wat Omgee’ word op ‘n daaglikse wyse ten volle uitgelewe, en die skoolgemeenskap dra die belange van die skool na aan die hart.

Akademiese uitnementheid is die hoeksteen waarop die skool gebou is, vanaf Graad Pre-R tot en met Graad 7.  Kinders word ook bewus gemaak van die noodsaaklikheid van sosiale uitreiking na plaaslike behoeftige sake, en daar word regdeur die jaar projekte aangebied wat dit vir die skool moontlik maak om terug te ploeg in die gemeenskap.

Die skool is al vir 97 jaar gespaar, en ons is dankbaar vir wat die verlede vir ons geleer het, maar ook opgewonde oor wat die toekoms vir ons inhou.  Met die seen en genade van ons Hemelse Vader kan ons net van krag tot krag gaan.

Dis LEKKER om ‘n Brentie te wees !”

MOET NIE DIE JAGKOMPETISIE MIS NIE!

Copyright 2023 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT