‘N GESONDE JAG MARK SKEP DIE VRAAG VIR KWALITEIT DIERE PER SPESIE

Op die KRIEK WILDLIFE GROUP Veiling Saterdag 15 April, is daar voortgebou op die momentum van die vorige 2 maande se veilings om te sien wat die mark soek, en sodoende ‘n markprys per spesie te skep.

Dit was duidelik dat manlike diere in groot aanvraag is, en volgens Jacques Kriek is dit omrede baie diere tydens COVID deur Suid Afrikaanse jagters gejag was, en dat daar nou ‘n tekort aan manlike diere is vir beide die plaaslike en internasionale jagters.

Jong manlike teeldiere om wildboere se kudde gemiddeldes op te stoot bly gesog, met ‘n 20 7/8’ blesbok ram @R76 000, asook ‘n 18 5/8” springbok ram @R105 000, 32 6/8 blouwildebees bul  @R150 000, 24”rooibok ram @R20 000, 41” eland bul @R100 000, 25” swartrooibok ram @R92 000 en ‘n 31 2/8” bastergemsbok bul @R 60 000.

As wildboer het mens ook kwaliteit vroulike diere nodig, en pryse op die veiling het gewys dat ernstige wildboere bereid was om te betaal vir goeie genetika. 42 5/8” tot 44 4/8” gemsbok koeie het verkoop vir tussen R44 000 en R76 000 stuk, met ‘n 46 3/8” koei wat vir R180 000 verkoop is. 12-13” springbok ooie is verkoop vir tussen R21 000 en R28 000, en rooibok ooie dragtig van ‘n 26 2/8” ram is vir R12 500 stuk verkoop.

‘n Gesonde jag mark het jag diere aangekoop met buffel bulle tussen 41” en 47 2/8” wat verkoop is vir R105 000 tot R300 000, swartwitpens bulle 45- 48 “ se pryse het gewissel van R48 000 tot R60 000, 23-24” rooibokramme tot R 7 000, en 28” gouewildebees bulle vir R36 000.

Baie van die jagplase sal beslis hul pryslyste vir 2023 moet aanpas, en diere inkoop as hul hul kuddes wil opbou vir 2024-2026. Daar word definitief ‘n markprys per spesie gevestig wat beteken dat elke wildboer daaruit die waarde sal kry vir sy wild, om te verkoop en te laat jag.

Die Kriek familie van Mattanu Lodge en hul gas verkopers het soos in vorige jare ‘n heerlike fees atmosfeer geskep met beeste en wild in die bomas, aktiwiteite vir die kinders, lekker kos en ietsie te drinke en lekker “Live Music” na die veiling.

Vir die volledige uitslae van die veiling gaan na die Wildswinkel App

iOS

Android

Huawei

Copyright 2023 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT