‘n Tweede groep van 13 Angolese kameelperde is suksesvol uit Namibië in die Iona Nasionale Park in Angola hervestig as deel van ‘n voortgesette inisiatief om die park se biodiversiteit te herstel en te verryk.

Verlede jaar is Angolese kameelperde suksesvol na hul historiese tuiste terug gestuur ná ‘n afwesigheid van meer as ‘n eeu. Die tweede hervestiging vorm deel van dié suksesvolle bewaringsverhaal.

Verlede jaar se terugkeer van die Angolese kameelperde na die Iona Nasionale Park in die suidweste van Angola was slegs die begin van ‘n langdurige verbintenis tot die bewaring van die spesies deur die Kameelperd Bewaringstigting, Afrika Parke en die Angolese regering.

“Die veilige aankoms van hierdie kameelperde tot hul historiese tuiste is nog ‘n kritieke stap om die park se ekologiese ekwilibrium te herstel,” sê Augusto Archer de Sousa Mangueira, die goewerneur van die Namibe-provinsie.

“Hul suksesvolle vrylating hou reusepotensiaal in om die plaaslike toerismebedryf positief te beïnvloed. Dit kan op sy beurt werksgeleenthede in toerismeverwante dienste skep, inkomste vir plaaslike gemeenskappe verhoog en ook bewustheid skep oor die belangrikheid van die bewaring van biodiversiteit,” het hy gesê.

Nadat die kameelperde in Namibië gevang is, het die dier meer as 1 300 kilometer gereis oor ‘n tydperk van meer as 48 uur voordat hulle in die park vrygelaat is. Die kameelperde wat reeds verlede jaar in die park vrygelaat is, het goed by hul nuwe tuiste aangepas. – republikein@republikein.com.na

‘n Tweede groep van 13 Angolese kameelperde is suksesvol uit Namibië in die Iona Nasionale Park in Angola hervestig as deel van ‘n voortgesette inisiatief om die park se biodiversiteit te herstel en te verryk.

Verlede jaar is Angolese kameelperde suksesvol na hul historiese tuiste terug gestuur ná ‘n afwesigheid van meer as ‘n eeu. Die tweede hervestiging vorm deel van dié suksesvolle bewaringsverhaal.

Verlede jaar se terugkeer van die Angolese kameelperde na die Iona Nasionale Park in die suidweste van Angola was slegs die begin van ‘n langdurige verbintenis tot die bewaring van die spesies deur die Kameelperd Bewaringstigting, Afrika Parke en die Angolese regering.

“Die veilige aankoms van hierdie kameelperde tot hul historiese tuiste is nog ‘n kritieke stap om die park se ekologiese ekwilibrium te herstel,” sê Augusto Archer de Sousa Mangueira, die goewerneur van die Namibe-provinsie.

“Hul suksesvolle vrylating hou reusepotensiaal in om die plaaslike toerismebedryf positief te beïnvloed. Dit kan op sy beurt werksgeleenthede in toerismeverwante dienste skep, inkomste vir plaaslike gemeenskappe verhoog en ook bewustheid skep oor die belangrikheid van die bewaring van biodiversiteit,” het hy gesê.

Nadat die kameelperde in Namibië gevang is, het die dier meer as 1 300-kilometer gereis oor ‘n tydperk van meer as 48 uur voordat hulle in die park vrygelaat is. Die kameelperde wat reeds verlede jaar in die park vrygelaat is, het goed by hul nuwe tuiste aangepas. – republikein@republikein.com.na

Copyright 2024 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT