Die woord Jag het in sekere kringe soos ‘n vloekwoord geword. Dit word uitgebeeld as hierdie wreedaardige, onmenslike ding wat gedeeltes van ons samelewing skielik doen as tydverdryf. Iets om te doen vir die pret en plesier daarvan, en die arme diere wat so geweldig ly daaronder, staan geen kans nie. Wat dit nog erger maak, is dat jongmense die teiken geword het om hierdie verdraaide beeld rondom jag te verkondig. Dis nou dieselfde outjies wat graag ‘n McDonalds burger wil gaan eet, en geen idee het dat daardie burger vleisie van ‘n baie erger plek af kom as die bok wat gejag was nie.

Ons as jagters word oral op sosiale media uitgebeeld as hierdie bloedlustige mense was diere martel vir ons eie genot en inwin. Soveel so, dat daar al navorsing gedoen is oor hoe om gesprekke te voer oor jag, wanneer jy in kringe beweeg waar jag nie beoefen word nie. Die NRA Hunters’Leadership Forum in Amerika het in 2020 ‘n boek publiseer oor hierdie spesifieke aspek, wat dertig jaar se navorsing, studies, en fokus groepe se resultate en uitsluilsels bevat. Die boek, geskryf deur Mark Damian Duda, se naam is How to talk about hunting.

Hoewel die boek gefokus is op die Amerikaanse jag mark, is daar regtig baie inligting wat van toepassing sal wees in enige plek oor die wêreld waar daar gejag word. Mense bly mense, en hulle opinies oor sekere dinge word gedryf deur die slim propaganda van organisasies wat hulle eie doelwitte wil bereik. Een van die groot probleme agter die skerms, is die  term diereregte.  Dit is ‘n term wat wêreldwyd gebruik word om argumente te voer teen die gebruik van diere vir menslike gebruiksdoeleindes. Dus draai mense teen die beoefening van jag, omdat dit teen die regte van diere is. Een van die resultate van die navorsing het uitgewys dat mense die stelling diereregte verwar met diere welstand. Diereregte groepe gebruik die konsep van dierewelsyn misleidend om ‘n diereregte-agenda te bevorder en te finansier. Die persentasie van Amerikaners wat diereregte ondersteun het uitgekom op 81%. Opnamebevindinge wat gebaseer is op die respondent se persepsie van die term eerder as ‘n verstaande definisie kan lei tot onakkurate gevolgtrekkings oor hoe die publiek oor die gebruik van diere voel. Dit word dan weer entoesiasties deur diereregte-organisasies gerapporteer om meer ondersteuning van die publiek te kry in hul missie om praktyke soos jag te verbied.

Die assesering van pro-jag argumente is ontleed, en nadat meer as 15,000 Amerikaners gevra is om spesifieke boodskappe oor die volhoubare gebruik van diere moes gradeer, het drie temas ‘n positiewe reaksie uitgelok; Jag as voedselbron, jag vir wildbestuur, en jag as ‘n menslike reg. Die top argumente het onder andere ingesluit dat jag nie meer lyding in diere veroorsaak as om vee te slag nie en dat mense wat nie jag nie, die regte van die wat wel jag, behoort te respekteer. Daar is ook bevind dat mense voel dat jag op ‘n positiewe manier gebruik kan word om diere getalle te beheer, en dat die praktyk van jag wel goed gereguleer is.

Debatte rondom jag gebeur in formele sowel as informele omgewings, dus is dit belangrik vir ons wat pro-jag is om die nodige kennis op te doen rondom die argumente wat gevoer word. So kan ons die beste teen argumente, gebasseer op feite en navorsing, bewerkstellig. Die debat sal nooit gewen word deur emosionele uitlatings of uitbarstings nie, maar wel deur mense wat geloofwaardigheid na vore bring  deur die mees oortuigende oplossings te bied vir die probleme wat deur die diereregte organisasies uitgebeeld word.

Contact Muvhimi – Buffalo Safaris For More Information

Copyright 2024 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT