Elvira Hattingh

Navorsers verbonde aan die Universiteit van Potsdam, Duitsland, het onlangs drie wildsbokspesies in Namibië bestudeer en bevind dat die bokke minder aktief is of die tydsberekening van aktiwiteite verander om hittestres te hanteer.

Die studie het gehandel oor hoe stygende temperature – wat deur klimaatsverandering veroorsaak word – wilde diere bedreig. Volgens die navorsing word kleiner en meer aktiewe wildsboksoorte die ergste geraak.

Tydens die studie is elande, koedoes en springbokke bestudeer.

Die navorsers meen in die toekoms kan hittestres beduidende veranderinge veroorsaak as dit kom by watter boksoorte in die habitat gevind sal word. Volgens statistiek loop Suider-Afrika in die besonder erg deur onder stygende temperature.

Wilde diere word die ergste geraak wat voorkom in delikate ekostelsels wat gereeld deur droogtes geteister word. Dit beperk die wildsbokke se vermoë om hoër temperature te kan verdra.

Wetenskaplikes het die gedrag van drie verskillende spesies van wildsbokke met oorvleuelende verspreidingsgebiede in Namibië bestudeer om te probeer verstaan hoe diere van verskillende groottes en gedrag by die hitte aanpas.

Copyright 2023 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT