Die MIKE ENGLEZAKIS RETIREMENT GAME SALE is gehou op 30 September 2023 by Predator World Sun City.

50+ Oos-Afrika buffels was aangebied, die nageslag van die buffels wat hy uit die VSA se dieretuine en parke ingevoer het. Die oorspronklike buffels is uit Tanzanië en Kenia na die VSA ingevoer.

Goue Wildebees, Waterbok. Rooihartbees, Swartwitpense, Nyala, Blesbok, Kudu, Eland, Impala, Blouwildebeeste en vele ander was ook beskikbaar.

Die gemsbokke het uitstaande pryse behaal asook die 2 nyala bulle wat vir besonderse pryse verkoop is: lot 50 = R 80,000 en lot 52 = R 40,000.

Die waterbokbul is verkoop vir ‘n prys van R 100,000.

Die hele wildbedryf is dankbaar vir Mike Englezakis se bydrae tot die Suid-Afrikaanse wildbedryf, en vertrou dat hy sy “aftrede” gaan geniet.

Copyright 2023 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT