DIAMANTVELD HOËRSKOOL JAGPAKKET VEILING 13 FEBRUARIE 2024

TYDENS JAARLIKSE JAMES STANDER MANNE AAND

Dr. James Stander en Hennie van der Westhuizen het die eerste Manneaand georganiseer. Die eerste Manneaand opbrengs was R4 000 waarvan die fondse aan Hoërskool Diamantveld geskenk is ten bate van Rugby.

Sederdien het die James Stander Manneaand-en veiling ‘n jaarlikse instelling geword en gegroei tot een van die belangrikste jaarlikse projekte om fondse in te samel vir ons skool. R1 000 000 is in 2023 met die funksie ingesamel!

Hierdie veiling is gerig op die Suid-Afrikaanse jagter en word ondersteun deur organisasies soos  Wildswinkel , WILD & JAG asook Helpjag.

Hierdie jaar het ons ‘n ongelooflike jagpakket wat opgeveil gaan word, geskenk deur Mnr Wiaan van der Linde van Wintershoek Safaris.

Hierdie pakket behels:

  •  3 Nagte / 4 Dae / 4 Jagters
  • 2 x Buffel Koeie
  • 2 x Gemsbokke
  • 8 x Springbokke
  • 4 x Blesbokke

Alles by die Wag ‘n Bietjie lodge 55kms vanaf Kimberley.  Hierdie jag word tydens die jaarlikse Absa Wildeklawer 2024 skole sportbyeenkoms gehou.

Die jag sluit ook verblyf by die 4 Ster Wag ‘n Bietjie lodge 55 Km buite Kimberley, etes, PH, slaggeriewe en koelkamers in.

‘n Baie gewilde sportster en gaskunstenaar sal die jag meemaak saam met die suksesvolle koper!!

WILD & JAG gaan ook betrokke wees en hierdie pakket wat opgeveil word, gaan al die vleis aan die Helpjag projek geskenk word. Dit sal minder bevoorregte kinders van maaltye voorsien. ‘

Moenie hierdie kans misloop nie! Onthou 13 Februarie 2024!

Copyright 2024 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT