Benchmark Game Breeders Se 24ste Veiling

Eerskomende Saterdag 17 Augustus 2024 vind Benchmark Game Breeders se 24 ste veiling plaas by Castle de Wildt net buite Modimolle.

Ons nooi almal in die wild- en jag bedryf hartlik uit na hierdie groot gebeurtenis en alles wat daarmee gepaardgaan.

Die verrigtinge skop reeds Vrydag 16 Augustus om 11:00 af met ons uiters gewilde golfdag wat soos verlede jaar by die nabygelee Koro Creek Golfbaan in Modimolle aangebied word. Die golfdag word afgesluit met ‘n gesellige prysuitdeling en aandete wat voorafgegaan word deur skemerkelkies. Daar is nog ‘n paar plekke vir 4-balle beskikbaar en enige laatslapers moet asseblief dringend BJ Vorster (0848111881) kontak om jul plek in hierdie gewilde golftoernooi te verseker.

Saterdag se veiling by Castle de Wildt sal afskop om 14H00 ten einde almal die geleentheid te gee om die Springbokke saam met ons te kom ondersteun vir hul wedstryd teen die Wallabies wat om 11:45 afskop. Ons gaan hierdie wedstryd lewendig op die groot skerms vertoon en daar gaan genoeg eet- en drinkgoed beskikbaar om te verseker dat die Bokgees hoog gaan loop!

Die veiling daarna bied 81 lotte aan met ‘n groot verskeidenheid van spesies en kleurvariante wat aangebied word. Daar is uitstekende kwaliteit diere vir daardie kieskeurige telers wat opsoek is na top genetika maar daar is ook heelwat jag- en trofeediere beskikbaar vir jagondernemers wat nog opsoek is na trofeediere vir die 2024 of 2025 jagseisoen. Soos in die verlede sal Niel Swart die hamer swaai tydens die veiling.

Merk asseblief jou dagboek vir ons golfdag, rugbyuitsending en veiling op 17 Augustus 2024. Namens almal van ons by Benchmark Game Breeders sien ons werklik daarna uit om julle by Koro Creek en Castle de Wildt te verwelkom.

Vir enige verdere navrae of akkommodasie reelings kontak asseblief vir Garth Saunders 082 924 2002, Pieter Ernst 082 925 3662 of JP Smith 082 417 8826

Laai PDF katalogus hier af

Besigtig en Registreer vir die Veiling

Copyright 2024 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT