Uitnodiging: Eiendomsreg Konferensie – 9 September 2025, Pretoria

Beste lede en vriende

Eiendomsreg is die hoeksteen van ekonomiese stabiliteit en individuele vryheid in Suid-Afrika, maar dit word toenemend bedreig deur wetlike, politieke en sosio-ekonomiese uitdagings.

Die Ad Hoc Groep vir die Beskerming van Eiendomsregte het geoordeel dat ’n konferensie oor die beskerming van eiendomsreg in die huidige tydsgewrig noodsaaklik is om groter bewustheid te skep oor die belang hiervan vir alle Suid-Afrikaners, ongeag agtergrond.

Met die tema “Eiendomsreg – Die sleutel tot vrede” wil ons nie net gesprek stimuleer nie, maar ook die boodskap stuur dat eiendomsregte nie slegs ’n kwessie van individuele belange is nie, maar ’n nasionale prioriteit. Dit lê aan die kern van ekonomiese voorspoed, plaaslike ontwikkeling en internasionale investering.

U word hiermee hartlik uitgenooi om hierdie belangrike konferensie by te woon.

Voorlopige program

Tema: Eiendomsreg – Die sleutel tot vrede

  • Opening en Verwelkoming – Bennie van Zyl / Jaco Schoeman / Dave Steward
  • Eiendomsreg vir alle Suid-Afrikaners: Politieke oorsig – Prof. André Duvenhage
  • Grondbesit en regspraak – Hans-Jurie Moolman
  • Onteiening sonder vergoeding: Afrika gevalle studies – Prof. William Gumede
  • Sakeperspektief / Regshoek – Piet Le Roux
  • Video-inset: Die VSA oor onteiening – Joshua Meservey (Hudson Institute, Washington)
  • Eiendomsreg vir alle suksesvolle gemeenskappe: Politieke aksies
    • ’n IVP Perspektief
    • ’n DA Perspektief – Willie Aucamp
    • ’n VF Plus Perspektief – Dr Corné Mulder
  • Eiendomsreg vir almal – Phumlani Majozi
  • Algemene bespreking en samevatting – Dave Steward
  • Konferensiemosies vir oorweging – Jan Bosman
  • Afsluiting en netwerkgeleentheid

Die program begin 08:45 en word teen 13:30 afgehandel. Tee, koffie en toebroodjies sal bedien word.

Konferensiebesonderhede

Plek: TLU SA se kantoor, James Rylaan 194, Silverton, Pretoria
Tyd: Registrasie vanaf 08:00, program 08:45 – 13:30
Formaat: Hibried – slegs 80 persone kan fisies bywoon, en die verrigtinge word ook aanlyn uitgesaai. (Registrasie is noodsaaklik vir beide opsies.)
Registrasie: Voor 2 September 2025 via hierdie skakel.

Ons sien daarna uit om die vriende van die Ad Hoc Groep, wat in die verlede ons projekte ondersteun het, by die konferensie te ontvang. Nooi asseblief ook die belanghebbendes in u netwerk om deel te neem.

Copyright 2025 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT