Studie oor kraniale morfologie
Die onderskeid tussen vier kameelperdespesies is bevestig in ‘n studie wat die skedelmorfologie van 515 kameelperde ontleed het.
Die kameelperd is een van die wêreld se mees ikoniese en unieke soogdiere en het die menslike verbeelding deur die eeue aangegryp.
Verbasend genoeg het wetenskaplikes maar ’n paar jaar gelede ontdek daar is vier verskillende soorte kameelperdspesies op grond van hul genetika en nie soos voorheen aanvaar dat daar net een spesie is nie. Hierdie onderskeid is verder bevestig in nuwe studie wat die skedelmorfologie van kameelperde ontleed.
Met net sowat 117 000 kameelperde wat in die natuur in Afrika voorkom, is hierdie bevindings noodsaaklik en beklemtoon die belangrikheid daarvan om uiteindelik lig te werp op die uitwissing van hierdie diere.