Beskerm sensitiewe ekosisteme
WWF Namibië en die omgewingsministerie takel saam die herstel aan beskadigde kuslandskappe van die Dorob- en Skedelkuspark.
Ellanie Smit
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het saam met die Wêreldnatuurfonds (WWF) Namibië-projekspan gewerk in ’n ambisieuse poging om van die land se mees omgewingsvriendelike terreine te identifiseer en te herstel.
Die gesamentlike inisiatief het gefokus op die Dorob Nasionale Park en Skedelkuspark – twee beskermde gebiede wat deel vorm van Namibië se bewaringslandskap.
Beamptes van die ministerie en WWF-bewaringspesialiste het ’n verkenningstog in die parke aangepak, wat honderde kilometers ruwe kuslyn en dorre binnelandse terrein dek. Die doel was om prioriteitsterreine op te spoor en te assesseer waar menslike impak sigbare en dikwels ernstige agteruitgang veroorsaak het.