Die nommer een produk vir die vervoer van bok karkasse

Boksak is die antwoord om jou vleis vars en skoon by jou huis of slagter terug te kry na afloop van jou jag

Boksak is ontwerp vir jagters, deur jagters. Dit is ‘n sak wat waterdig en stofdig is, waarin karkasse (heel of in boude en blaaie) vervoer kan word. Beide die jagter en vleisverwerker baat daarby. Die gesukkel met swart sakke, tafeldoeke en seile is iets van die verlede!

Boksak het standaard groottes vir enkel kajuit, kajuit en half en dubbel kajuit bakkies. Pasmaak sakke vir bakkies en waentjies kan gemaak word op aanvraag.

Gaan kyk gerus na ons webwerf (www.boksak.co.za) en lê aan op die regte produk vir jou behoeftes.

Copyright 2022 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT