BASA het die afgelope naweek die laaste skietdag van die jaar aangebied. Meer as 100 lede en gaste het die baie opwindende dag bygewoon.

Christiaan Swart het weereens die haas uit die hoed gepluk met sy uitdagende bane wat hy beplan en gebou het. Die kombinasie van tyd en akuraatheid het weer op die einde van die dag die kaf van die koring geskei.

Die Olifant baan het gesorg dat jy baie vining moes herlaai om die nodige skote in te kry voordat die teiken weggedraai het. Die Leeu en Luiperd baan het vir baie skuts kopbrekens besorg met die spoed waarmee die leeu beweeg het. Bittermin skuts kon die teikenarea suksesvol tref. Die Seekoei baan was ‘n statiese baan, maar die manne met slotaksies kon bietjie voordeel kry, veral as jou geweer 5 of meer patrone kon laai.

Die topskuts vir die dag was:

  1. Top Gun – Jono Joseph (hy het ook die Top Double gewen met sy .470 NE)
  2. Francois van Emmenes met sy .500 Jeff
  3. Arend Muller met sy .416 Rigby
  • Top dame was Mia Vermeulen met haar 9,3×62
  • Top veteran was Clive Connolly met sy .470 NE
  • Top junior was Divan Grabe met .375 HH

Na afloop van die skietverrigtinge is die jaarlike prysuitdeling gehou, voorafgegaan met ‘n skaapbraai op die spit.

Copyright 2020 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT