BESTE DIENS BY NABOOM TOYOTA

In die hart van Mookgophong, oftewel Naboomspruit, het die Venter-familie Naboom Toyota as ‘n familiebesigheid begin. Vandag ondersteun dié maatskappy die hele gemeenskap en gaan hy uit sy pad uit om gepaste voertuie aan al sy kliënte te lewer.

By Naboom Toyota kan jy ENIGE Toyota koop – die hele volledige reeks. Ons gebruikte voertuie is elkeen volgens die Automark-standaard – die werkswinkel manne maak seker dat jy jou gebruikte voertuig oor berge en dale met ‘n geruste hart kan ry. Ons hierby Naboom Toyota help elke kliënt om ‘n voertuig uit te soek wat sy sak en leefstyl pas.

Naboom Toyota is ‘n volledige motorhandelaar wat ook dienste, onderdele en toetsritte bied. As jy jou droomvoertuig  gevind het, kan jy kontant betaal of ons kan vir jou by enige bank finansiering reël. Elke kliënt is vir ons baie belangrik en elke persoon in die maatskappy streef voortdurend daarna om die beste diens te lewer. Vir ons is die gemeenskap en hul kindersbelangrik, derhalwe het ons al ‘n paar jong boerseuns as tegnici opgelei.

DEUR EN DEUR ‘N FAMILIE-ONDERNEMING

Mnr. Jan Venter en sy seun, Anton, het Naboom Toyota in 1981 begin. Anton het die onderneming oorgeneem nadat Jan in 1985 afgetree het. In 1991 het die perseel geskuif na ons splinternuwe gebou – waar dit vandag nog die onderneming huisves.

Vir 38 jaar het Anton Naboom Toyota opgebou tot ‘n geloofwaardige handelaar wat uitmuntende diens lewer. Kliënte het dikwels afgedraai net om ‘n cappuccino te kom drink. Anton se cappuccino,

wat hy self vir kliënte gemaak het, was legendaries. Anton se drie kinders, Jan Louis, Anton Jr. en Angeline, het hulle na skool by die onderneming aangesluit –hartsmens, lekker mense!

Die kinders het onder hul pa se hand en goeie voorbeeld geleer en elkeen druk nou op hul eie manier hul stempel op die besigheid af. Ma Maryna Venter was Anton se regterhand uit die staanspoor. Sy is vandag nog betrokke om die waardes toe te pas wat Anton se visie was – soms ‘n regte stoomroller…

Anton is in 2019 met kanker gediagnoseer en later die jaar oorlede.

Met Jan Louis, Anton en Angeline aan die stuur van Naboom Toyota, dryf hulle die tradisie van familiebesigheidwees voort. By Naboom Toyota gaan ons saam waar jy gaan, jy is nie net ‘n kliënt nie, jy is ‘n vriend en word familie.

Copyright 2022 | All Rights Reserved | Powered by WILD & JAG / GAME & HUNT